Wednesday 11 May 2016

Resepte wat geskik is vir somer

Rascal aanmaak koeldrank ysies:

Benodighede

- Rascal koeldrank, enige geur (flavour)
- Water
- Roomys stokkies vir ysies
- Houer om ysies in te maak

Metode: 

Meng Rascal koeldrank saam met water in 'n houer. Meng koeldrank so sterk as wat jy wil. Gooi koeldrank mengsel in houer vir ysies. Plaas die houer met die koeldrank mengsel in die vrieskas. Laat die koeldrank stol totdat dit gefries is.

Onthou om vir 'n volwassene te vra of jy as kind soveel suiker mag inneem.

Geniet heerlike ysies :)



Nesquik melk ysies:

Benodighede:

- Nesquik gegeure melk poeier (hasie melk), enige geur (flavour)
- melk
- Houer vir melk ysies
- Roomys stokkies

Metode:

Meng Nesquik gegeurde poeier melk met melk in 'n houer. Meng die melk so sterk as wat jy wil. Gooi die melk mengsel in 'n houer vir die melk ysies. Plaas die houer met die melk mengsel in die vrieskas. Laat die melk mengsel stol totadat dit gevries is soos 'n ysie.

Geniet jou heerlike melk ysie :) 

No comments:

Post a Comment