Wednesday, 11 May 2016
Lekker kos in verskeie seisoene en weer
Verskillende kossoorte gaan goed saam met verskillende seisoene en weer. Byvoorbeeld, pannekoek gaan goed saam met reenweer.
Pannekoek resep:
- 1 eier
- 1 koppie melk (250ml)
- 1 koppie water
- 1 en 'n 1/2 koppies koekmeel (een en 'n half)
- 1/2 teelepel bakpoeier
- 1/4 teelepel sout
- 2 eetlepels (30ml is 2 eetlepels) gesmelte
margarine.
Metode:
1. Klits eiers, melk en water saam.
2. Gooi meel, sout en bakpoeier by die mengsel en klits goed saam.
3. Laastens gooi gesmelte margarine in.
Geniet die pannekoek met suiker en kaneel of met nutella (sjokolade smeer).
Lekker eet, hoop julle geniet dit :)
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
No comments:
Post a Comment