Friday 13 May 2016

Video opname vir les oor seisoene

Hyperlink van video opname van ons les oor seisoene

Begin: https://youtu.be/pcx3zX_W3ig

Middel: https://youtu.be/TwRaqU0z-OE

Einde: https://youtu.be/2WZ7rj4aeFA

Stappe van hoe om winter kuns projek te maak

Stap een: Neem jou blou karton en sit die papierbord daarop, truis die papierbord se buitekant op die   karton. Sny dan die karton uit en plak dit op die papierbord.
- Stap twee: Neem die hand afdruk wat jy gemaak het en sny dit uit en plak die op dei papierbord.     
  Onthou om genoeg gom te smeer.
- Stap drie: Neem jou watte en trek dit uit mekaar sodat dit soos n wolk lyk, onthou om watta oor te     los vir die onderste gedeelte. Af hangend van watse tipe gom jy gebruik smeer eers die gom op die   
  bord en dan sit die watta daarop.
- Stap vier: Neem nou jou takkies wat jy buite op getel het en sny dit in kleiner gedeeltes. Plak dit   
  dan teen jou hande afdruk sodat dit lyk soos n boom se takke lyk.
- Stap vyf: Neem nou die watta wat jy oor gehou het en plak dit aan die onderkant van die boom en     tussen die takke.
- Stap ses: Neem jou geverfde roomys stokkie en plak dit al om te kante van die bord.

  En daar is jou eie winter tema bord.

Die hyperlink van die video sal later beskikbaar gestel word.

Wednesday 11 May 2016

Resepte wat geskik is vir somer

Rascal aanmaak koeldrank ysies:

Benodighede

- Rascal koeldrank, enige geur (flavour)
- Water
- Roomys stokkies vir ysies
- Houer om ysies in te maak

Metode: 

Meng Rascal koeldrank saam met water in 'n houer. Meng koeldrank so sterk as wat jy wil. Gooi koeldrank mengsel in houer vir ysies. Plaas die houer met die koeldrank mengsel in die vrieskas. Laat die koeldrank stol totdat dit gefries is.

Onthou om vir 'n volwassene te vra of jy as kind soveel suiker mag inneem.

Geniet heerlike ysies :)



Nesquik melk ysies:

Benodighede:

- Nesquik gegeure melk poeier (hasie melk), enige geur (flavour)
- melk
- Houer vir melk ysies
- Roomys stokkies

Metode:

Meng Nesquik gegeurde poeier melk met melk in 'n houer. Meng die melk so sterk as wat jy wil. Gooi die melk mengsel in 'n houer vir die melk ysies. Plaas die houer met die melk mengsel in die vrieskas. Laat die melk mengsel stol totadat dit gevries is soos 'n ysie.

Geniet jou heerlike melk ysie :) 

Klei resep

Die volgende URL is 'n link vir 'n oulike klei resep wat 
mammas kan maak vir hul kinders. 


https://www.youtube.com/watch?v=Dlgqef_ohuM


Indien julle die video wil kyk highlight die link, right kliek en se go to https://... 

Lekker kos in verskeie seisoene en weer




Verskillende kossoorte gaan goed saam met verskillende seisoene en weer. Byvoorbeeld, pannekoek gaan goed saam met reenweer.







Pannekoek resep:

- 1 eier
- 1 koppie melk (250ml)
- 1 koppie water
- 1 en 'n 1/2 koppies koekmeel (een en 'n half)
- 1/2 teelepel bakpoeier
- 1/4 teelepel sout
- 2 eetlepels (30ml is 2 eetlepels) gesmelte      
  margarine.

Metode:

1. Klits eiers, melk en water saam.
2. Gooi meel, sout en bakpoeier by die mengsel                                                                                           en klits goed saam.
3. Laastens gooi gesmelte margarine in.

Geniet die pannekoek met suiker en kaneel of met                                                                                    nutella (sjokolade smeer).

Lekker eet, hoop julle geniet dit :)


Ons handgemaakte kuns projekte oor seisoene



























Die volgende prentjies is voorbeelde van handgemaakte kunsprojekte van die verskillende seisoene (somer, winter, herfs en lente) en die weer (sonskyn en donderweer). Die laaste prentjie verteenwoordig bytjies en hasies in die lente en somer. Die volgende kunsprojekte is slegs idees vir die leerders, die leerders mag hul eie inisiatief (eie idees vir kuns projekte) gebruik.